Die lewe trek so baie aan ons. Ons gee, ons sorg, ons maak vir almal tyd — en skielik besef ons het onsself êrens langs die pad verloor.
Kreatief wees is nie ’n luuksheid nie. Dit is hoe ons asemhaal.
Wanneer jy net 3 ure per week of per maand vir jouself opsy sit, gebeur daar iets. Jy ontspan. Jy dink. Jy onthou wie jy is.
Daardie talent wat God in jou gesit het? Dit wag om weer gebruik te word.
Ek nooi jou uit na my PPK Kerk werkswinkels — by my studio, of by Salon 102 in die dorp. Kom bou, kom skep, kom ontdek weer die vrou in jou.